Digital downloads. Secure payments.

3 Redes Waarom Ons Elke Dag Moet Knip.

3 Redes Waarom Ons Elke Dag Moet Knip.

Hoekom is knipvaardighede belangrik?

Knipoefening speel ‘n belangrike rol in die ontwikkeling van die korrekte potloodgreep. Knip is ‘n maklike en prettige manier om die handspiere, wat vir die skryfproses benodig word, te oefen. Ons gebruik dieselfde spiere en vingers (duim, wys- en middelvinger) vir beide skryf en knip.  Daar moet op 'n gereelde basis 'n verskeidenheid knipaktiwiteite in kinders se daaglikse program ingesluit word, ten einde ontwikkeling van handspiere te bevorder.

Hoe ontwikkel knipvaardighede?

(Algemene riglyne)

Knipvaardigheid ontwikkel vanaf 'n snipper-aksie of 'n eenvoudige oop en toemaak aksie van die skêr. Daarna ontwikkel die vermoë om op reguit lyne te knip. Die vaardigheid om kurwes en sirkels te knip ontwikkel volgende.  Kinders raak later vaardig om rondom hoeke te knip en kan dan eenvoudige vorms soos driehoeke en vierkante begin knip.  Teen vyf-/sesjarige ouderdom is kinders al meer vaardig met die skêr en kan hul reeds meer komplekse vorms en prente begin uitknip.

 

Teen die tyd wanneer 'n kind skool toe gaan moet hul reeds oor 'n effektiewe skêrgreep beskik en moet hul al vaardig wees met verskeie kniptake.  Knipvaardigheid speel dus 'n belangrike rol in fynmotoriese-ontwikkeling en dus skoolgereedheid.

Hoe hou ons die skêr vas? 

Ons hou die skêr in ons dominante hand vas. Plaas jou duim in die boonste opening van die skêr. Plaas die middelvinger in die onderste opening. Hou die skêr aan die buitekant vas met jou wysvinger wat in die rigting van die knipbeweging wys.

Praktiese raad vir die ontwikkeling van knipvaardigheid.

Tydens die knipaksie moet die elmboë gemaklik aan weerskante van die lyf gehou word.‘Onthou 'n regshandige person knip anti-kloksgewys en‘ n linkshandige persoon knip kloksgewys. 

" Tip"- Teken ‘n laggesiggie op die duimnael van die dominante hand. Hierdie gesiggie moet altyd reg-op bly om sodoende te veresker dat die gewrig in die korrekte posisie bly tydens die knipproses.

Die polsgewrig moet in 'n neutrale/ gemaklike posisie gehandhaaf word (nie oormatig buig nie).

Dit is belangrik dat ‘n kindervriendelike skêr te alle tye gebruik word, m.a.w. ‘n klein, stompneus-skêr geskik vir kleuters. Ouer leerders kan 'n klein skêr met 'n skerper punt gebruik, maar nie mamma se kombuis skêr nie!

Maak seker dat jy 'n linkshandige skêr aanskaf indien jou kind linkshandig is.

________

Hoe kan ons die handspiere versterk?

Gebruik 'n verskeidenheid teksture. Die weerstand help om handspiere te versterk. 

Speelklei | Karton | Strooitjies | Papier (wissel dikte af) | Sponse | Eierhouers | Polistireen

Aktiwiteite wat die oop-en-toemaak aksie van knip stimuleer.

Spreibottels (‘n trek- en loslaat aksie) | Gebruik tange om voorwerpe op te tel. | Knip speelklei.
_________
___________

Ons Produkte

Die Fynmotoriese Ontwikkelingsprogram, saamgestel deur 'n arbeidsterapeut, sluit die Knipvaardigheid Aktiwiteits-en Vlytige Vingers-hulpmiddels vir die ontwikkeling van fynmotoriese vaardighede in.

__________
a

Knipvaardigheid

Opsoek na aktiwiteite om knipvaardighede in die klaskamer te bevorder? n Wye verskeidenheid gegradeerde aktiwiteite is ingesluit in die Knipvaardigheids-hulpmiddel.

_________ 

For more information.

Follow our Facebook page for regular activities and ideas to enhance your child's development or visit our online store to view our educational and therapeutic resources.

Leave a comment

Please note, comments must be approved before they are published

What are you looking for?

Your cart