Digital downloads. Secure payments.

Hoekom is my kind se sitpostuur so belangrik?

Hoekom is my kind se sitpostuur so belangrik?

Wat is spiertonus? 

Die woorde lae spiertonus word gereeld gebruik deur professionele persone soos dokters, arbeidsterapeute, fisioterapeute en onderwysers.

Maar wat is lae spiertonus en hoe kan dit my kind se ontwikkeling en vermoë beïnvloed om optimaal in die klaskamer te funksioneer?   

Wat is lae spiertonus?

SPIERTONUS kan gedefinieer word as die natuurlike spanning wat in die spiere van die liggaam voorkom.   Wanneer 'n kind lae spiertonus het, is dit 'n baie moeiliker om verskillende uitgangsposisies in te neem en te handhaaf vir 'n tydperk (bv. om vir lang tydperke by 'n lessenaar te sit terwyl hy besig is met aktiwiteite soos lees en skryf).   Om hierdie rede raak kinders met 'n lae spiertonus dikwels vinnig moeg en sukkel met sowel growwe as fyn motoriese vaardighede en om hul aandag vir langer tye te handhaaf. 

‘n Kind met lae spiertonus openbaar ook dikwels ‘n swak liggaamshouding, hul bewegings is lomp en hul vind groot motoriese bewegings soos balans en koördinasie uitdagend.  

Hierdie kinders raak ook gou moeg, sukkel om vir lang tye regop en stil op ‘n stoel te sit en is geneig om gou vroetelrig te raak. Hulle ervaar ook dikwels probleme met fyn motoriese take soos teken, skryf en knip.  

Wat kan ons doen?

 

  • Beperk die tyd wat jou kind passief voor die televisie spandeer. 
  • Moedig buitespel aan en beperk oormatige gebruik van elektroniese speelgoed. 
  • Moedig fisiese aktiwiteite bv. sport aan. Sportsoorte soos perdry, swem, stoei, gimnastiek en aktiwiteite waar jou kind aktief teen swaartekrag moet werk, is die beste! 
  • Lê reeds vroeg gesonde eetgewoontes vas en vestig ‘n aktiewe lewenstyl. 
  • Maak seker dat jou kind die korrekte postuur handhaaf wanneer hy by sy lessenaar sit en huiswerk doen.
  • Die korrekte postuur voorsien veral vir ‘n kind met lae spiertonus addisionele stabiliteit. Dit sal verseker dat die kind alle beskikbare energie aan belangrike take soos konsentrasie en leer kan spandeer, sonder om onnodige energie te vermors deur sy lyf teen swaartekrag te stabiliseer. 
  • Raadpleeg ‘n professionele persoon wat jou kind kan bystaan indien jy bekommerd voel.  

 

  WENK: 

 

  • Die hoogte van die stoel en lessenaar kan en moet aangepas word om by die lengte en ouderdom van die kind te pas! 
  • ‘n Tafel wat geskik is vir jou ouer graad 5 kind, is nie geskik vir ‘n graad R/ graad 1 leerder nie.  Net so is die kombuis tafel of toonbank nie ‘n optimale oppervlak om huiswerk op te doen nie!

 


Besoek gerus ons webtuiste of volg ons op Facebook, Instagram en Pinterest. 

OUR PRODUCTS

Sit Postuur en Handskrif 

Plakkate

BUY NOW

My Liggaam  R100  
Tema aktiwiteite en flitskaarte

WriteAbility Pakket 4 tot 6 jaar.

BUY NOW

Leave a comment

Please note, comments must be approved before they are published

What are you looking for?

Your cart