Digital downloads. Secure payments.

Ontwikkel Vormpersepsie: Aktiwiteite en Riglyne.

Ontwikkel Vormpersepsie: Aktiwiteite en Riglyne.

What is Vormpersepsie? 

Visuele vormkonstantheid is die vermoë om te verstaan dat 'n vorm of voorwerp dieselfde bly ten spyte van veranderinge in grootte, posisie, rigting, oriëntasie en afstand, bv. 'n voorwerp is nog steeds dieselfde of dit gesien word van bo, kant of onder. ‘n Sirkel bly ‘n sirkel al is dit groter of kleiner of deel van ‘n ander ontwerp. Kinders wat met hierdie vaardigheid sukkel, kan dit moeilik vind om vorms, getalle en letters te herken,


wanneer hulle in 'n ander konteks aangebied word (byvoorbeeld wanneer hulle dit op die speelgrond sien in plaas van in die klaskamer) of wanneer die kleur, grootte of lettertipe verander. Hul kan bv. sukkel om handgeskrewe woorde te lees wat anders lyk as hul gedrukte eweknieë.

Hoekom is vormkonstantheid belangrik?

Visuele vormkonstantheid stel kinders in staat om die omgewing akkuraat te interpreteer, ongeag hoe dit aangebied word( Bv. syaansig of vooraansig )

Visuele vormkonstantheid is belangrik vir alledaagse aktiwiteite en vaardighede soos lees, skryf, die voltooiing van legkaarte, selfsorg om maar net ‘n paar voorbeelde te noem.

Aktiwiteite en idees om vormkonstantheid te ontwikkel.

  1. Plaas 'n paar huishoudelike items op 'n skinkbord en vra die kind om spesifieke vorms uit daardie items uit te kies. Identifiseer verskillende voorwerpe in 'n kamer, wat dieselfde vorm is, bv. raak alles wat vierkantig is. 
  2. Moedig leerders aan om te spring, klim of sit op voorwerpe met verskillende vorms, bv. Simon sê: "klim op die blok" of "sit op die ronde bal", vind nog ‘n vierkantige of ronde voorwerp in die kamer. 
  3. Gebruik bordkryt om verskillende vorms op die grond te teken en laat die kinders spring van die een kant na die ander kant deur slegs op spesifieke vorms te spring (om van die een kant na die ander kant te beweeg). 
  4. Teken verskillende vorms met bordkryt op die vloer of maak die buitelyne van die vorms met maskeerband. Laat die kind op die buitelyne van die vorm loop. Benoem die vorm as die kind hierdie aktiwiteit doen en vind nog vorms of voorwerpe met soortgelyke vorms. 
  5. Hindernisbane met dieselfde vorm in verskillende groottes of oriëntasie, is aktiwiteite om kinders te help om hoogte en afstand en vorm beter te verstaan. 
  6. Praktiese aktiwiteite, bv. sorteer voorwerpe volgens vorm, grootte, tekstuur, kleur, kategorie of oriëntasie (horisontaal, vertikaal, gekantel teen 'n hoek).
  7. Leer konsepte soos dieselfde / verskillend en onderskei tussen voorwerpe met voor die hand liggende verskille. Gradeer van groter na kleiner verskille om die aktiwiteite geleidelik moeiliker te maak. 
  8. Kuns- en handwerkaktiwiteite: Sny dieselfde vorm uit, maar in verskillende groottes en gebruik dit vir ‘n collage of prent. Om dit interessanter te maak, laat die kinders blare met dieselfde vorm buite vind en 'n collage daarmee maak.   
  9. Gebruik verskillende media (pypskoonmakers, speelklei) om dieselfde vorms as voorbeelde op ‘n papier te vorm. 
  10. Sorteer voorwerpe met dieselfde vorm, maar verskillende groottes van die kleinste tot die grootste. 
  11. Wys vir jou kind 'n voorwerp (vragmotor, baksteen, teddie) en laat hulle raai wat dit is wanneer hulle net die voorkant, rug, kant of onderkant van die voorwerp sien. 
  12. Pas 3D-voorwerpe (bv. Blokke en balle) met 2D-vorms op ‘n werkkaart. Trek 'n lyn van elke vorm aan die linkerkant na die ooreenstemmende vorm aan die regterkant van die werkblad. 
  13. Omkring byvoorbeeld al dieselfde letters op 'n werkblad bv. omkring al die letter D's op die werkblad. 
  14. Skryf dieselfde letter of woord in baie verskillende style, kleure en grootte. Omkring al die woorde wat dieselfde is, al verskil die vorm, kleur of grootte.    

Bykomende wenke:

  • Gebruik toepaslike taal om oriëntasie en posisie van 'n voorwerp te beskryf .
  • Gebruik taal om bv. die verskille in voorwerpe en vorms te beskryf bv die klein blou blok of die uitveër is 'n vierkantig. 
  • Verbaliseer en praat deur eienskappe en oriëntasie van voorwerpe om die kind te help om konsep te vorm.

 


Feel free to browse our website for more activities, ideas and resources or follow us on Teachers Pay Teachers,  Facebook, Instagram and Pinterest.

OUR PRODUCTS

Visuele Persepsie

Vormkonstandheid

R100   

Spatial awareness activities and resources.

BUY NOW

Ruimtelike Persepsie- Tangram

R100     

Spatial Planning activities and worksheets.

BUY NOW

Visual Perception

Resource Bundle   

Occupational Therapy Programme

R450

Available in English and Afrikaans

BUY NOW

Leave a comment

Please note, comments must be approved before they are published

What are you looking for?

Your cart