Digital downloads. Secure payments.

Ontwikkel Figuur-Grond Persepsie: Aktiwiteite en Riglyne.

Ontwikkel Figuur-Grond Persepsie: Aktiwiteite en Riglyne.

Wat is Figuur-Grond Persepsie?

Figuur-grond persepsie is die vermoë om 'n voorwerp in 'n besige agtergrond te sien. 

Visuele figuur-grond persepsie stel ons in staat om besonderhede of fyn detail waar te neem, terwyl ons onnodige visuele inligting ignoreer. 

Waarom is Visuele Figuur-Grond Persepsie so belangrik?

 

Visuele Figuur-Grond is nodig vir geletterdheid en wiskunde vaardighede, die vermoë om doelgerig aandag te gee aan spesifieke take. 

'n Leerder met visuele figuur-grond probleme kan u dit moeilik vind om belangrike woorde in teks te vind,woorde van 

die bord in die klaskamer lees en te kopieer, spesifieke inligting op die bord voor in die kamer te lees, voorwerpe op 'n spesifieke plek te vind (d.w.s. boek  in 'n skooltas of potlood in 'n pennesakkie vind). 

Kinders met swak visuele figuur-grond vaardighede kan probleme ondervind: 

  • Om aandag te gee aan take en te konsentreer wanneer hul omring word deur baie visuele stimulus. 
  • Om alledaagse voorwerpe in ‘n besige omgewing te vind ( soek ‘n voorwerp, maar vind niks alhoewel dit reg voor hul lê.) 
  • Die uitvoering van praktiese take, bv. legkaarte, plaas speelgoed in volgorde, konstruksie speelgoed, sortering van voorwerpe.  
  • Vind werkstake soos inkleur volgens nommers, “dot-to-dot” aktiwiteite, of vind die verborge voorwerp werksvelle baie moeilik. 
  • Om hulself en hul werkarea te organiseer.  Werksuitleg in werkboeke is ‘n uitdaging. 
  • Hul plek te behou wanneer hul lees,    
  • Van die bord af te kopieer,  
  • Om voldoende  te skandeer ten einde die nodige inligting te vind (onvoldoende skanderingsvaardighede)

Aktiwiteite om Figuur-Grond te stimuleer.

  1. Beskryf 'n voorwerp in die omgewing en vra jou kind om dit te vind. Begin met groot en maklik identifiseerbare voorwerpe en kies geleidelik kleiner voorwerpe met spesifieke eienskappe.  Bv. Soek ‘n blou blok met geel kolle tussen ‘n klomp ander blokke met verskillende kleure.     
  2. Sorteer speletjies of aktiwiteite. Bv. vra die kind om al die Lego-stukke volgens kleur of blok grootte te sorteer of krale te vind wat dieselfde kleur is om te ryg.   
  3. Soek die versteekte voorwerp op ‘n prent. Die kind moet die voorwerp  wat in 'n groter prentjie versteek is, vind en omkring. 
  4. Omkring klanke of woorde wat in 'n teks geskryf is.  Vra die kind om al die getalle te vind wat dieselfde is, dan letters, dan woorde in die teks deur dit te omkring. Begin met 'n eenvoudige agtergrond en maak dit moeiliker deur 'n meer besige en ingewikkelde agtergrond te hê.    
  5. Eenvoudige woordsoek “Word Search” aktiwiteite.   Aktiwiteite soos “Colour by Number”, “Pick Up Sticks” ,” Where is Wally?” boeke.    
  6. Figuur-grond persepsie kan ook met alledaagse take geoefen word. bv, die kind vra om hul blou T-hemp met die blomme daarop te vind of om al die sokkies in die wasgoed te vind of om die vurke uit die laai te kry vir aandete. 
  7. Belangrik om te onthou:   indien 'n leerder probleme ervaar met figuur-grond vaardighede, probeer onnodige visuele stimuli beperk, organisatoriese vaardighede aan te leer, kleure bv. 'n "highlighter" te gebruik om belangrike inligting te beklemtoon of bedek sommige dele dele van werksopdragte, sodat slegs die deel wat voltooi moet word, sigbaar is.
     

    WriteAbility Products

    Figure Ground Perception: Activities and Worksheets 

    R100

    Read More

    Figuur-Grond Persepsie: Aktiwiteite en Werksvelle 

    R100

    Lees meer

    WriteAbility Pakket (4 tot 6 jaar)

    R750

    Lees meer

    Leave a comment

    Please note, comments must be approved before they are published

    What are you looking for?

    Your cart