Digital downloads. Secure payments.

7 Riglyne om Syferomkerings te Voorkom!

7 Riglyne om Syferomkerings te Voorkom!

Hoekom draai sommige kinders hul syfers om wanneer hul skryf?

Menige ouers en juffrouens het al hierdie vraag gevra."Hoe gemaak met kinders wat getalle omkeer wanneer hulle skryf?"

Dit is soms werklik 'n frustrasie as ʼn mens sien dat 'n leerder die som kan doen, maar dat dit verkeerd gemerk word, omdat die syfer of antwoord verkeerde kant om geskryf is.

Dit is egter belangrik om te onthou dat alle jong kinders, wanneer hul begin skryf,  dikwels geneig is om hul klanke en syfers om te keer of verkeerde kant om te skryf.



Dit is nog redelik ouderdomstoepaslik as jou 4-of- 5 jarige dit doen, maar dit raak toenemend belangrik dat skoolgaande kinders hul syfers korrek vorm en reg skryf. Dit is dikwels opmerklik dat leerders wat geneig is om hul getalle om te keer, die getalle op die verkeerde plek begin en die getalle verkeerd vorm. Soms is daar ook visueel-persepsuele agterstande wat bydra tot omkerings wat in die klaskamer voorkom. As arbeidsterapeut kry ek dikwels vrae van ouers en opvoeders oor die beste manier om hierdie uitdagings aan te spreek.

______

Wat kan ons doen?

Wanneer leerders van die begin af leer hoe om syfers korrek te vorm en dit op ‘n kinestetiese (beweging) en multi-sensoriese wyse aanleer en vaslê, kan onnodige omkerings van syfers voorkom word. ‘n Leerder wat nie meer hoef te wonder “hoe” om syfers te vorm nie en by wie syfervorming natuurlik plaasvind, kan dan hul aandag eerder verskuif na die vaslegging en begrip van wiskundige bewerking.

'n Bietjie raad:

Kinders moet leer deur ervaring: Daar is verskeie oulike syfer-liedjies op YouTube wat beweging en vaslegging van getalle aanmoedig.

  • Gebruik die tassisteem om vaslegging en wyse waarop getalle gevorm word, vas te lê. Oefen om die getalle te skryf in verskillende teksture bv. skeerrroom of in jellie (altyd 'n gunsteling).
  • Bou die getalle met klei, knip nommers uit skuurpapier en laat jou kind met sy vinger daarop skryf, sodat hy kan voel hoe die syfer gevorm word. Loer ook op Pinterest vir nog oulike kreatiewe idees.
  • Speel syferspeletjies en oefen getalvorming op ander interessante maniere bv: pak die getalle met klippies of knope. Wees kreatief en hou dit interessant.
  • Oefen herkenning en benoeming van getalle gereeld. Lees die huise langs die pad se nommers terwyl jul in die motor ry. Soek getalle op prentjies of in die omgewing. Toevallige leer maak ‘n groot verskil en dra daartoe by dat kinders gemaklik voel om met syfers te werk. Tel alles!!! Maak ‘n speletjie daarvan om voorwerpe te tel en doen moeite om bord- en kaartspeletjies met jou kind te speel.
  • Gebruik kognitiewe strategieë vir aanleer van korrekte maniere om getalle te vorm en om te onthou hoe elke getal lyk.
  • Moedig kinders aan om nadat hul ‘n getal neergeskryf het,  seker te maak dat hul wel die getal korrek geskryf het.


Kinders moet van jongs af leer om hul werk te kontroleer en foute reg te maak. Onthou ons maak almal foute, bly geduldig en geniet dit om saam met jou kind die wêreld van syfers te ontdek.



_______

Ons Produkte

 

Syferomruilings: Video en aktiwiteite

Die WriteAbility Syferprogram is ontwikkel om die omkering van syfers by grondslagfaseleerders te voorkom/te verminder. Die program fokus op die aanleer van die korrekte vorming van elke getal deur middel van ‘n strokiesprentvideo en werksvelle vir vaslegging.

Die pakket sluit ook ‘n syferverhaal vir nommers 1 tot 10 in, asook ‘n werksmetode vir die voorkoming van getalomruilings van 2, 3,4, 5, 7, 9 en 10. Die aanbieding is prakties, kindervriendelik en hope pret.

_________ 

For more information.

Follow our Facebook page for regular activities and ideas to enhance your child's development or visit our online store to view our educational and therapeutic resources.

2 comments

  • Ek wil graag packet van Syferomkerings bestel. Ek kom nie reg met instant eft nie. Kan ek dalk julle bankbesonderhede kry om dit te eft vanaf bank app

    Petrea du Toit
  • Is it available in English?

    Marthie Mitchell

Leave a comment

Please note, comments must be approved before they are published

What are you looking for?

Your cart