Hierdie hulpmiddel/aktiwiteitsboekie is ontwikkel deur 'n arbeidsterapeut en fokus daarop om die tema van seisoene (Somer) met belangrike ontwikkelingsvaardighede, (visuele diskriminasie, figuurgrondpersepsie, visuele geheue, oog-handkoördinasie en fyn motoriese aktiwiteite vir potloodbeheer en knipvaardighede) te ontgin .
Hierdie aktiwiteitsboek sluit die volgende in:
- 7 Oog-hand koördinasie werkkaarte
- 7 Fynmotoriese aktiwiteite / werkkaarte
- 6 Knipaktiwiteite
- 11 Visuele Persepsuele aktiwiteite / werkkaarte
- 4 Visuele geheue
Kan in A4 en A5 formaat gedruk word vir maklike gebruik met kinders van verskillende ouderdomme en fynmotoriese-vaardigheidsvlakke. Geskik vir ouderdom 3 tot 7 jaar.
42 bladsye in PDF formaat.