Hierdie hulpmiddel/aktiwiteitsboekie is ontwikkel deur 'n arbeidsterapeut en fokus daarop om die tema van seisoene (Lente) met belangrike ontwikkelingsvaardighede, (visuele diskriminasie, figuurgrondpersepsie, oog-handkoördinasie en fyn motoriese aktiwiteite vir potloodbeheer) te ontgin.
Hierdie aktiwiteitsboek sluit die volgende in:
- 7 Oog-hand koördinasie werkkaarte
- 7 Fynmotoriese aktiwiteite / werkkaarte
- 7 Knipaktiwiteite
- 9 Visuele Persepsuele aktiwiteite / werkkaarte
Kan in A4 en A5 formaat gedruk word vir maklike gebruik met kinders van verskillende ouderdomme en fynmotoriese-vaardigheidsvlakke. Geskik vir ouderdom 3 tot 7
32 bladsye in PDF formaat.
Hierdie hulpmiddel is ook in Engels beskikbaar: SPRING