Digital downloads. Secure payments.

Visuele Persepsie: Arbeidsterapie Mega Bundel

In Stock Unavailable

Regular price R 300.00 R 600.00 |  Save R 300.00 (50% off)
/

Shipping calculated at checkout.
Visuele persepsie is die brein se vermoë om visuele stimuli waar te neem, daardie inligting te interpreteer en te benut.  Dit is ‘n belangrike bousteen vir akademiese aktiwiteite soos lees, skryf, spel en wiskunde. Visuele persepsie sluit die volgende vaardighede in: Visuele Diskriminasie (is die vermoë om een vorm/objek...
-15

PRODUCT DETAILS

Visuele persepsie is die brein se vermoë om visuele stimuli waar te neem, daardie inligting te interpreteer en te benut.  Dit is ‘n belangrike bousteen vir akademiese aktiwiteite soos lees, skryf, spel en wiskunde.

Visuele persepsie sluit die volgende vaardighede in:

  • Visuele Diskriminasie (is die vermoë om een vorm/objek van 'n ander te  onderskei deur verskille en ooreenkomste waar te neem ).
  • Visuele Vormkonstantheid (die vermoë om soortgelyke vorms te onderskei wat  anders kan wees in grootte, kleur of ruimtelike oriëntasie. bv. "a" bly dieselfde ongeag in watter lettertipe dit geskryf word).
  • Visuele Figuur-Grond (stel ons in staat om besonderhede of fyn detail waar te neem, terwyl ons onnodige visuele inligting ignoreer).
  • Posisie in die Ruimte (is die vermoë om te weet waar jou liggaam /objek in die ruimte is en sluit verskeie rigting konsepte soos links, regs, voor, agter skuins ens. in)
  • Ruimtelike Verhoudings (is die vermoë om 'n voorwerp se posisie in verhouding tot jouself of met betrekking tot ander items waar te neem).    .
  • Visuele Geheue ( Die vermoë om 'n spesifieke vorm of of objek te onthou wanneer dit uit jou visuele veld verwyder word).
  • Visuele Opeenvolgende Geheue (is die vermoë om twee of meer items in volgorde te onthou wanneer visie uitgesluit word).
  • Visuele Sluiting is die vermoë om bekende vorms te herken wat slegs gedeeltelik voltooi is).   
  • Visuele Analise en Sintese (behels die vermoë om 'n voorwerp as 'n geheel waar te neem, dit op te breek in dele en weer sinvol saam te voeg).
  • Visio-Motoriese Integrasie (verwys na die vermoë om dit wat deur die visuele sisteem waargeneem  word met 'n motoriese funksie te integreer. bv. Om vanaf die bord of werksvel te kan kopieer).

Hierdie bundel bevat 'n verskeidenheid Visuele Persepsie aktiwiteite en werksvelle. Dit is geskep deur 'n arbeidsterapeut en sluit riglyne in vir die gebruik van hulpmiddels en ontwikkeling van visueel persepsuele vaardighede in.  Dit het ten doel om die ontwikkeling van alle kinders tussen die ouderdomme van 4 en 9 jaar te ondersteun (insluitend kinders met spesiale behoeftes).

Die volgende hulpmiddels word in die Mega Bundel ingesluit.

  1. My liggaam: Perseptuele Aktiwiteite en Hulpmiddels (liggaamsbewustheid).
  2. Figuur-Grond Persepsie: Hierdie hulpbron fokus op Figuur-Grond Persepsie en bevat inligting oor persepsuele ontwikkeling, verskillende speletjies, aktiwiteite en werkkaarte.
  3. Vormkonstantheid: aktiwiteitsprogram om visuele vorm persepsie te ontwikkel en skolastiese vaardighede te ondersteun.
  4. Ruimtelike Bewustheid en 5. Ruimtelike Beplannings.  Beide hierdie hulpbronne sluit verskeie praktiese aktiwiteite in om visuele ruimtelike vaardighede in te oefen wat  nodig is vir vroeë ruimtelike kognisie en ruimtelike beplanning.
  5. Tangram legkaarte: Ruimtelike Beplanning aktiwiteite help om probleemoplossing vermoëns te ontwikkel en te versterk en is 'n prettige manier om kinders by persepsuele beplanningsaktiwiteite te betrek.

 

Ook beskikbaar in Engels

Visuele Persepsie: Arbeidsterapie Mega Bundel

Visuele Persepsie: Arbeidsterapie Mega Bundel

What are you looking for?

Your cart