Digital downloads. Secure payments.

Visuele Persepsie: Ruimtelike Persepsie en Beplanning Nr. 2 (Digitale Aktiwiteit).

In Stock Unavailable

Regular price R 90.00 R 90.00 |  Save R 0.00 (0% off)
/

Shipping calculated at checkout.
Benodig jy iets prettig om jou kind uit te daag, produktief besig te hou of skoolwerk vas te lê?  Dan is ons nuwe WriteAbility Digitale Aanlyn speletjies vir jou bedoel.  Geen meer fotostate, drukwerk of voorbereiding nie. Kan tuis, in...
-1

PRODUCT DETAILS

Benodig jy iets prettig om jou kind uit te daag, produktief besig te hou of skoolwerk vas te lê?  Dan is ons nuwe WriteAbility Digitale Aanlyn speletjies vir jou bedoel.  Geen meer fotostate, drukwerk of voorbereiding nie. Kan tuis, in die klaskamer of gedurende terapie sessies benut word.

Ruimtelike Persepsie en Beplanning nr 2. is 'n digitale (AANLYN) aktiwiteit wat deur 'n arbeidsterapeut saamgestel is om ontwikkelingsvaardighede by jong leerders te bevorder (ouderdom 5 tot 9).

Ruimtelike bewustheid is die vermoë om te weet waar jou liggaam in die ruimte is en ruimtelike persepsie is dus die vermoë om 'n voorwerp se posisie in verhouding tot jouself of met betrekking tot ander items waar te neem. Vir sommige kinders is hierdie vaardigheid uitdagend, alhoewel daar verskeie aktiwiteite is wat ouers kan doen om ruimtelike bewustheid te bevorder.

Probleme t.o.v. hierdie vaardighede sal lei tot ‘n swak begrip van ruimtelike konsepte en instruksies soos links, regs, tussen, langs, voor of agter. Omkerings van getalle en letters, probleme om grafieke, kaarte en diagramme te verstaan, word dikwels ook waargeneem by ouer leerders. Kinders wat sukkel met ruimtelike persepsie, kan dinge onderstebo of op die verkeerde manier skryf sonder om dit op te let. Ander uitdagings kan probleme met die spasiëring van woorde, skryf in lyne en die uitleg van skriftelike werk insluit.

Hierdie hulpbron sluit verskeie konsolidasie aktiwiteite in om ruimtelike persepsie vaardighede te ontwikkel wat nodig is vir vroeë ruimtelike kognisie en ruimtelike beplanning. Dit is die tweede in 'n reeks van 3 hulpbronne om ruimtelike persepsie vaardighede te ontwikkel en kan benut word vanaf 5 tot 9 jarige ouderdom.

Verwys ook graag na ons ruimtelike persepsie hulpmiddels wat fisiese speletjies en werksvelle insluit.  Hierdie hulpbronne komplimenteer mekaar en bevorder holisties leer en ervaring.

PREVIEW

Hoe werk dit?

Hierdie prettige aktiwiteit word AANLYN op die aanlynplatvorm “Boom Learning” gespeel. Om hierdie produk te kan gebruik moet jy met ‘n epos adres en wagwoord ‘n gratis profiel op die Boom Learning platvorm skep. ‘n Skakel na Boom Learning word voorsien, wat ook direkte toegang tot jou produk sal bied.

Die hulpmiddel bestaan uit 25 tot 30 taakkaarte wat aanlyn op ‘n rekenaar of tablet gespeel kan word.  Taakkaarte kan egter ook uitgedruk word om in die klaskamer te gebruik. Dit is pret en maklik om te gebruik. Jou produkte kan herhaaldelik gespeel word.
 

Om hierdie aktiwiteit te uit te toets voor aankope, volg gerus die skakel.

PREVIEW

 Unfamiliar  with Boom Cards?

To use Boom Cards, you must be connected to the Internet. Boom Cards play on modern browsers (Chrome, Safari, Firefox, and Edge). Apps are available for modern Android, iPads, iPhones, and Kindle Fires. For security and privacy, adults must have a Boom Learning account to use and assign Boom Cards. THIS ACCOUNT IS FREE, upgrade to a paid account is optional.

TEACHERS

You will be able to assign the Boom Cards you are buying with "Fast Pins," (a form of play that gives instant feedback to students for self-grading Boom Cards). For assignment options that report student progress back to you, you will need to purchase a premium account. If you are new to Boom Learning, you will be offered a free trial of our premium account. Read here for details: http://bit.ly/BoomTrial.

 

Visuele Persepsie: Ruimtelike Persepsie en Beplanning Nr. 2 (Digitale Aktiwiteit).

Visuele Persepsie: Ruimtelike Persepsie en Beplanning Nr. 2 (Digitale Aktiwiteit).

What are you looking for?

Your cart