Kinders leer die beste deur multi-sensoriese ervaring en wanneer take op ‘n prettige en ouderdomsgepaste vlak aangebied word. Hierdie prettige skommel-woorde en skommel- sinne hulpbron sluit verskeie speletjies, aktiwiteite en werksvelle in.
Die hulpbron is saamgestel deur ‘n arbeidsterapeut en is daarop gemik om visuele/ ouditiewe analise en sintese, klankvorming, woordbou, en sinsbou op 'n ouderdomstoepaslike en kreatiewe wyse te ontwikkel.
Hierdie hulpmiddel sluit die volgende in:
- Skommel-woorde interaktiewe speletjie. (Lamineer vir herhaalde gebruik- druk in kleur)
- Aktiwiteite en werksvelle vir vaslegging (Swart en wit/ inkleur aktiwiteite)
- Digitale Skommel-sinne aktiwiteit. (Kan op rekenaar voltooi word sonder om uit te druk)
40 bladsye (Kombinasie kleur en swart/wit aktiwiteite om uit te druk)
1 digitale rekenaar-gebasserde aktiwiteit (10 bladsye)