Lê dubbelklanke op 'n speel-speel manier vas met dubbelklank kleikaarte. Klei is 'n kreatiewe manier om kinders op 'n ouderdomstoepaslike wyse te stimuleer. Klei-aktiwiteite is belangrik vir die ontwikkeling van handspiere en die bevordering van vroeë potloodgreep ontwikkeling. Dit kan ook benut word om 'n wye verskeidenheid persepsuele konsepte en klanke vas te lê en te ontwikkel.
Elke dubbelklank is op 'n ooreenstemmende prent wat die dubbelklank verteenwoordig. Kleikaarte kan ook as muurkaarte benut word.