Digital downloads. Secure payments.

Ruimtelike Persepsie: Arbeidsterapie Mega Bundel

In Stock Unavailable

Regular price R 200.00 R 400.00 |  Save R 200.00 (50% off)
/

Shipping calculated at checkout.
Hierdie Mega Bundel sluit drie van ons gewildste aktiwiteite en hulpmiddels om ruimtelike persepsie te ontwikkel, in. Dit is ontwiikel deur 'n arbeidsterapeut wat spesialisser in vroeë ontwikkeling en bestaan uit 'n wye verskeidenheid praktiese aktiwiteite wat konkrete en multi-sensoriese...
-6

PRODUCT DETAILS

Hierdie Mega Bundel sluit drie van ons gewildste aktiwiteite en hulpmiddels om ruimtelike persepsie te ontwikkel, in. Dit is ontwiikel deur 'n arbeidsterapeut wat spesialisser in vroeë ontwikkeling en bestaan uit 'n wye verskeidenheid praktiese aktiwiteite wat konkrete en multi-sensoriese leer aanmoedig. 'n Verskeidenheid werksvelle vir konsolidasie in die klaskamer en tuis help om vaslegging en kristiese denke te ondersteun.

Die volgende hulpbronne word ingesluit:.

1.Visuele Persepsie: Ruimtelike Bewustheid en Oriëntasie

Ruimtelike bewustheid is die vermoë om te weet waar jou liggaam in die ruimte is en ruimtelike persepsie is dus die vermoë om 'n voorwerp se posisie in verhouding tot jouself of met betrekking tot ander items waar te neem.  Vir sommige kinders is hierdie vaardigheid uitdagend, alhoewel daar verskeie aktiwiteite is wat ouers kan doen om ruimtelike bewustheid te bevorder.

  1. 8 Posisie Flitskaarte
  2. 6 Teenoorgestelde (DIY) legkaarte
  3. 7 Posisie in die Ruimte werkkaarte
  4. 6 Ruimtelike Persepsie speletjies
  5. 7 Ontwerp/ruimte kopiëring werkkaarte
  6. 11 Ruimtelike oriëntasie werkkaarte
  7. 3 Ruimtelike beplanning en probleemoplossing werkkaarte.

 

2. Ruimtelike Beplanning

Ruimtelike persepsie is die vermoë om 'n voorwerp se posisie in verhouding tot jouself of met betrekking tot ander voorwerpe waar te neem. Dit impliseer die vermoë om waar te neem op watter manier 'n voorwerp of simbool geposisioneer / gedraai word.   Ruimtelike persepsie help 'n kind om die volgorde van letters en getalle korrek weer te gee, soos "swem" en nie "sewm." Dit help 'n kind om letters en syfers korrek te oriënteer en te skryf en nie letters en syfers om te keer.  (byvoorbeeld b en d).

Sluit 'n verskeidenheid, blokpatrone, nabou aktiwiteite ,2 D "dot to dot" kopieer aktiwiteite en werks velle in (45 bladsye)

3. Ruimtelike Beplanning- Tangram Legkaarte

Die herrangskikking van tangram vorms om ‘n spesiefieke prent of opjek te vorm is ‘n manier om ruimtelike belanningsvaardighede te ontwikkel en te verbeter. Tangram-legkaarte help kinders om sterker probleemoplossings vermoëns en ruimtelike persepsievaardighede te ontwikkel. 

  • Die hulpbron sluit die volgende in:
  • Ruimtelike Persepsie ontwikkelings-riglyne.
  • 18 Tangram-legkaart voorbeelde (kombinasie van swart en wit / kleur)
  • 5 Tangram vierkante

 Hierdie mega bundel is ook beskikbaar in Engels.

Customer Reviews

Based on 1 review Write a review
Ruimtelike Persepsie: Arbeidsterapie Mega Bundel

Ruimtelike Persepsie: Arbeidsterapie Mega Bundel

What are you looking for?

Your cart