Digital downloads. Secure payments.

Getalspeletjies om syfervaardigheid te ontwikkel en getalvorming vas te lê.

In Stock Unavailable

SKU: 6666364977311

Regular price R 90.00 R 100.00 |  Save R 10.00 (10% off)
/

Shipping calculated at checkout.
Die getalpeletjies hulpmiddel sluit 'n verskeidenheid speletjies in om getalkonsepte te ontwikkel en die korrekte vorming en skryf van getalle aan te moedig.  Syfervaardighede sluit vaardighede in soos getalbegrip (begrip van hoeveelhede), die vermoë om te tel en getalle  te kan...
-49

PRODUCT DETAILS

Die getalpeletjies hulpmiddel sluit 'n verskeidenheid speletjies in om getalkonsepte te ontwikkel en die korrekte vorming en skryf van getalle aan te moedig. 

Syfervaardighede sluit vaardighede in soos getalbegrip (begrip van hoeveelhede), die vermoë om te tel en getalle  te kan skryf. Dit verwys ook na konsepte soos meer  en  minder, groter  en  kleiner. Kinders leer ook om te verstaan dat getalsimbole ‘n hoeveelheid verteenwoordig (7  beteken dieselfde ding as  sewe), om getalle te kan vergelyk (10  is meer as  7) en die volgorde van getalle te begryp ( 1ste, 2de, 3de, ens.).

Die hulpmiddel bestaan uit 'n verskeidenheid semi-konkrete aktiwiteite, bordspeletjies en werkkaarte om vroeë wiskundige konsepte vas te  lê.  Die hulpmiddel sluit ook  grof-motories en  fyn-motoriese aktiwiteite in om die aanleer van syfers op ‘n ouderdomsgepaste en lekker manier vas te lê. Motoriesevaardigheids-ontwikkeling word ondersteun en die aanleer van wiskundige konsepte deur middel van spel gefasiliteer.  Die hulpmiddel kan gebruik word in groepaktiwiteite / matwerk  in die klaskamer of vir ouers wat syfervaardighede op 'n prettige en speelse manier wil ontwikkel.

Hierdie hulpbron bevat die volgende:

Speelklei-matte, semi-konkrete mat-aktiwiteite, bordspeletjies, en werksvelle (56 bladsye). Kan gelamineer word om maklike skoonmaak vir hergebruik te verseker.

'n Kort video met korrekte vorming van syfers 1 tot 10 en 'n strategie om omkering van getalle te voorkom wanneer dit geskryf word.

Hierdie hulpbron is geskik vanaf die ouderdom van 4 jaar en ouer.  Dit kan ook gebruik word as remediërende intervensie vir ouer leerders met spesifieke leerprobleme wat sukkel met getalkonsepte en getalvorming.

Getalspeletjies om syfervaardigheid te ontwikkel en getalvorming vas te lê.

Getalspeletjies om syfervaardigheid te ontwikkel en getalvorming vas te lê.

What are you looking for?

Your cart