Die WriteAbility Hulpbron Pakket vir Opvoeders is 'n bundel wat saamgestel is met 'n versameling van ons gewildste hulpmiddels vir gebruik in die klaskamer. Die pakket sluit 'n verskeidenheid hulpmiddels in wat fokus op syfervaardigheid, klankherkenning, klankvorming, eenvoudige woord en sinsbou asook handskrif aktiwiteite. Dit kan as 'n basis gebruik word en aangevul word deur hulpmiddels soos nodig. Hierdie aktiwiteite en hulpmiddels is saamgestel deur 'n arbeidsterapeut met die doel om fondasievaardighede vas te lê wat die kern vorm vir verdere skolastiese leer en ontwikkeling. Dit is geskik vir leerders in die grondslagfase.
Dit sluit die volgende WriteAbility pakkette en hulpmiddels in
Bou jou klanke met Speelklei (Hoofletters en Kleinletters)
Pret met Beginklanke
Pret met Klinkers
Dubbelklanke (speelklei kaarte)
Volledige Syfer-Pakket (getalspeletjies, syferomkerings en syfervorming)
Pret met getalname
Klankvorming: Ons leer speel-speel skryf
Volledige Klankvorming en skrifpatroonpakket a-z (Hasie Hop Klanke, "Funky Monkey" Klanke, Apie Swaai-Klanke, Tik-Tak Klanke).
b/d Omkeringsprogram
Pret met klanke: Ons skryf 3 klank woorde
Pret met klanke: Skommel woorde en sinne
Kom ons skryf sinne (strategie en werksvelle)
Handskrif: Spasies tussen Woorde
Handskrif: Skryf in Lyne
Riglyne vir Handskrif: Muurkaarte vir potloodgreep en postuur.
Hierdie aktiwiteite en hulpmiddels is saamgestel deur 'n arbeidsterapeut met die doel om fondasievaardighede vas te lê wat die kern vorm vir verdere skolastiese leer en ontwikkeling. Dit sluit 'n wye verskeidenheid aktiwiteite, werksvelle en video’s in. Kan tuis deur ouers as verryking of deur opvoeders in die klaskamer benut word.