Digital downloads. Secure payments.

WriteAbility Syfer-Pakket

In Stock Unavailable

Regular price R 300.00 R 600.00 |  Save R 300.00 (50% off)
/

Shipping calculated at checkout.
Die WriteAbility Syfer-Pakket het ten doel om syfervaardigheid, syfervorming en getalbegripontwikkeling van jong leerders te ondersteun. Syfervaardigheid, getalbegripontwikkeling en korrekte syfervorming is ‘n belangrike bousteen in elke kind se akademiese ontwikkeling. Verskeie vaardighede soos getalbegrip (begrip van hoeveelhede), die vermoë...
-13

PRODUCT DETAILS

Die WriteAbility Syfer-Pakket het ten doel om syfervaardigheid, syfervorming en getalbegripontwikkeling van jong leerders te ondersteun.

Syfervaardigheid, getalbegripontwikkeling en korrekte syfervorming is ‘n belangrike bousteen in elke kind se akademiese ontwikkeling. Verskeie vaardighede soos getalbegrip (begrip van hoeveelhede), die vermoë om te tel en getalle te kan skryf, begrip van konsepte soos meer en  minder, groter en  kleiner, om te verstaan dat getalsimbole ‘n hoeveelheid verteenwoordig (7  beteken dieselfde ding as  sewe), om getalle te kan vergelyk (10  is meer as  7) en die volgorde van getalle te begryp ( 1ste, 2de, 3de, ens.) moet ontwikkel word in die vroeë kinderjare en grondslagfase.

 Hierdie pakket sluit die volgende hulpmiddels in:

  • Die storie van 1 tot 10: Hierdie hulpmiddel het ten doen om korrekte syfervorming vas te lê en omruiling van syfers by grondslagfaseleerders te voorkom. Die program fokus op die aanleer van die korrekte vorming van elke getal deur middel van‘n strokiesprentvideo en werksvelle vir vaslegging. Die pakket sluit ‘n syferverhaal vir nommers 1 tot 10 in, asook ‘n werksmetode vir die voorkoming van getalomruilings van 2, 3,4, 5, 7, 9 en 10. Die aanbieding is prakties, kindervriendelik en hope pret.
  • Klankvorming Werksvelle: Werksvelle vir getal 1-10 om korrekte vorming van getalle vas te lê.
  • Bou jou syfers met speelklei: Aktiwiteite en kleikaarte om getalkonsep te ontwikkel en klankvorming op ‘n speelse wyse vas te lê.
  • Syfer Muurkaarte (Getal 1 tot 10)
  • Syferspeletjies en aktiwiteite. Hierdie hulpmiddel sluit 'n verskeidenheid speletjies in om getalkonsepte te ontwikkel en die korrekte vorming en skryf van getalle aan te moedig.  Die hulpmiddel bestaan uit 'n verskeidenheid semi-konkrete aktiwiteite, bordspeletjies en werkkaarte om vroeë wiskundige konsepte vas te  lê.
  • Syferomkerings: Strategie vir die voorkoming van syferomkerings (NUUT)
  • Pret met Getalname: Flitskaarte, Kleimatte en Natrek-aktiwiteite 1-10 (NUUT).

Hierdie pakket is geskik vanaf die ouderdom van 4 jaar en ouer.  Dit kan ook gebruik word as remediërende intervensie vir ouer leerders met spesifieke leerprobleme wat sukkel met getalkonsepte en getalvorming. Beskikbaar in beide Engels en Afrikaans

WriteAbility Syfer-Pakket

WriteAbility Syfer-Pakket

What are you looking for?

Your cart