Hierdie hulpmiddel sluit 3 stelle muurkaarte in. Muurkaarte kan ook individueel aangekoop word.
-
Funksionele Sitpostuur: Riglyne vir die klaskamer - sluit ses muurkaarte in wat fokus op riglyne vir korrekte sitpostuur, moontlike aanpassings vir die klaskamer en riglyne vir die identifisering van onvoldoende sitpostuur in.
-
Muurkaarte: Riglyne vir 3-punt potloodgreep - vyf A4 muurkaarte met riglyne vir handhawing van 'n dinamiese potloodgreep. Geskik vir die klaskamer ter ondersteuning van potloodgreep en handskrif-ontwikkeling. (Links en regs)
-
Ergonomiese oorwegings tydens handskrif -2 muurkaarte (Korrekte posisionering van papier/werksboek vir links en regshandige leerders).
13 PDF bladsye