Hierdie hulpmiddel sluit 3 stelle muurkaarte in.  Muurkaarte kan ook individueel aangekoop word.  
- 
Funksionele Sitpostuur: Riglyne vir die klaskamer -  sluit ses muurkaarte in wat fokus op riglyne vir korrekte sitpostuur, moontlike aanpassings vir die klaskamer en riglyne vir die identifisering van onvoldoende sitpostuur in.  
- 
Muurkaarte: Riglyne vir 3-punt potloodgreep - vyf A4 muurkaarte met riglyne vir handhawing van 'n dinamiese potloodgreep.  Geskik vir die klaskamer ter ondersteuning van potloodgreep en handskrif-ontwikkeling. (Links en regs) 
- 
Ergonomiese oorwegings tydens handskrif -2 muurkaarte (Korrekte posisionering van papier/werksboek vir links en regshandige leerders).
13 PDF  bladsye