Digital downloads. Secure payments.

Fynmotoriese Ontwikkelingsprogram- Knipvaardigheid en Fynmotoriese Aktiwiteite Pakket

In Stock Unavailable

SKU: 5712453304479

Regular price R 150.00 R 150.00 |  Save R 0.00 (0% off)
/

Shipping calculated at checkout.
Opsoek na aktiwiteite om fynmotoriese vaardighede in die klaskamer te bevorder? Die Fynmotoriese Ontwikkelingsprogram, saamgestel deur 'n arbeidsterapeut, sluit die Knipvaardigheid Aktiwiteits-en Vlytige Vingers-hulpmiddels vir die ontwikkeling van fynmotoriese vaardighede in. ‘n Wye verskeidenheid gegradeerde aktiwiteite is ingesluit in die Knipvaardigheids-hulpmiddel. Knipoefeninge...
-63

PRODUCT DETAILS

Opsoek na aktiwiteite om fynmotoriese vaardighede in die klaskamer te bevorder?

Die Fynmotoriese Ontwikkelingsprogram, saamgestel deur 'n arbeidsterapeut, sluit die Knipvaardigheid Aktiwiteits-en Vlytige Vingers-hulpmiddels vir die ontwikkeling van fynmotoriese vaardighede in.

‘n Wye verskeidenheid gegradeerde aktiwiteite is ingesluit in die Knipvaardigheids-hulpmiddel. Knipoefeninge speel ‘n belangrike rol in die ontwikkeling van die korrekte potloodgreep. Knip is ‘n maklike en prettige manier om die handspiere, wat vir die skryfproses benodig word, te oefen. Ons gebruik dieselfde spiere en vingers (duim, wys- en middelvinger) vir beide skryf en knip. Aktiwiteite wat in die hulpmiddel ingesluit is kan maklik in groepsverband aangebied word. 

Ingesluit by hierdie program is 37 drukbare bladsye met aktiwiteite, riglyne vir skêrhantering, skêrgreep en die ontwikkeling van knipvaardighede.

Die Vlytige Vingers-hulpmiddel sluit  'n reeks fynmotoriese aktiwiteite in, wat spesifiek gemik is op die versterking van die radiale vingers, ten einde  potloodbeheer en 'n dinamiese potloodgreep te ondersteun. Aktiwiteite en video’s met instruksies is onmiddellik na aankope beskikbaar om afgelaai te word. Aanbieding is pret, maklik om in groepsverband of individueel toe te pas. Mag gekopieer word vir gebruik in die klaskamer.

Werksvelle mag gekopieer word vir gebruik in die klaskamer. Hierdie produk vorm deel van die "product bundle discount". Koop enige twee van ons pakkette en ontvang die derde een gratis.

Hierdie pakket is ook in Engels beskikbaar.

Customer Reviews

Based on 2 reviews Write a review
Fynmotoriese Ontwikkelingsprogram- Knipvaardigheid en Fynmotoriese Aktiwiteite Pakket

Fynmotoriese Ontwikkelingsprogram- Knipvaardigheid en Fynmotoriese Aktiwiteite Pakket

What are you looking for?

Your cart