Digital downloads. Secure payments.

Ontwikkel ruimtelike persepsie speel-speel!

Ontwikkel ruimtelike persepsie speel-speel!

Wat is ruimtelike persepsie? 

Visuele Persepsie verwys na die wyse waarop die brein inligting wat deur die oë  waargeneem word, interpreteer en organiseer sodat ons besluite kan  neem en tot aksie kan oorgaan. Visuele persepsie is een van die belangrike boustene vir ontwikkeling van lees, skryf en rekenvaardighede vir latere skolastiese vordering. Een  van  die  kern  visuele  persepsuele  vaardighede is  Ruimtelike  Persepsie.

Ruimtelike persepsie en vroeë ontwikkeling.

Ruimtelike persepsie is die vermoë om ‘n voorwerp se posisie te bepaal in verhouding tot jouself of ander voorwerpe. Dit impliseer die vermoë om te bepaal op watter manier ‘n voorwerp of simbool geposisioneer/gedraai is.

Ruimtelike persepsie help kinders om die volgorde van klanke en syfers korrek te plaas, byvoorbeeld ‘swem’ en nie ‘sewm’ nie. Dit help ‘n kind om klanke en syfers korrek te oriënteer en om klanke en syfers nie om te keer tydens die skryfproses nie. (bv. ‘b’ en ‘d’). 

Hoekom is ruimte persepsie belangrik??

Probleme in hierdie areas lei tot swak begrip van ruimtelike konsepte en instruksies soos ‘links, regs, tussen, langsaan, voor of agter.’ Omkering van syfers en klanke asook probleme om grafieke, kaarte en diagramme te lees en verstaan, word dikwels opgemerk. Kinders wat sukkel met ruimtelike persepsie mag klanke en syfers onderste-bo skryf of omkeer, sonder om dit raak te sien. Ander uitdagings mag probleme met die spasiëring van woorde, skryf binne lyne en die uitleg beplanning van geskrewe werk insluit. 

Aktiwiteite om visueel en ruimtelike persepsie vaardighede op ‘n praktiese wyse te ontwikkel, kan reeds vanaf ‘n jong ouderdom geïmplementeer word

Wat kan ons doen?

1. Om leerders te help om hulself rigtinggewys te oriënteer kan 'n duidelike links/regs aanduidings (merkers) voor in die klas opgesit word of bv. ‘n kol op die leerder se linkerhand geteken word om hul ‘n punt van verwysing te gee. 

2. ‘n Kind moet verskillende posisies (bo, onder, links, regs, voor, agter) met hul liggame ervaar tydens grootmotoriese aktiwiteite soos met ‘n hindernisbaan of Simon Sê… 

3. Kinders moet verskillende ruimtelike konsepte met konkrete voorwerpe ervaar, (bv plaas ‘n blok in verskillende posisies, bv in, uit, bo, links of regs). Dit sal hulle help om ruimtelike konsepte te verstaan wat hul weer kan implimenteer tydens pen en papier aktiwiteite. 

4. Aktiwiteite wat ruimtelike beplanning vereis moet aangemoedig word bv. die nabou van prente en ontwerpe met bv. vuurhoutjies; om 3D vorms te skep met klei en tandestokkies. 

5. Bordspeletjies soos Tangram, Dambord, Skaak, ‘Rushhour’, ensovoorts, is prettige maniere om hierdie vaardighede te konsolideer. 

6. Praktiese links/regs diskriminasie aktiwiteite en spasie konsepte tydens huishoudelike aktiwiteite soos om die tafel te dek. 

7. Persepsuele speletjies (met rigtingaanwysings) kan baie help om jou kind se ruimtelike oriëntasie te ontwikkel.

8. Vaslegging van hierdie ruimtelike vaardighede op ‘n 2D vlak (m.a.w. papier en pen aktiwiteite) deur middel van prettige aktiwiteite en ruimtelike persepsie werksblaaie.


Besoek gerus ons webtuiste vir meer aktiwiteite, idees en riglyne om vroeë ontwikkeling te ondersteun www.writeability.co.za of volg ons op Facebook, Instagram en Pinterest.

Beskikbare hulpbronne:

SPATIAL AWARENESS

R120   $ 8,50

Spatial awareness activities and resources.

BUY NOW

SPATIAL  RELATIONS, R100     $7,00

Spatial Planning activities and worksheets.

BUY NOW

SPATIAL PERCEPTION RESOURCE BUNDLE, R250    $17,50

Occupational Therapy resource bundle for spatial perception.

BUY NOW

Leave a comment

Please note, comments must be approved before they are published

What are you looking for?

Your cart