Die produk is ontwikkel om die omruiling van syfers by grondslagfaseleerders te voorkom. Die program fokus op die aanleer van die korrekte vorming van elke getal deur middel van‘n strokiesprentvideo en werksvelle vir vaslegging. Die pakket sluit ‘n syferverhaal vir nommers 1 tot 10 in, asook ‘n werksmetode vir die voorkoming van getalomruilings van 2, 3,4, 5, 7, 9 en 10. Die aanbieding is prakties, kindervriendelik en hope pret. Geskik vir Graad R tot Gr. 2.
Produk sluit 'n strokiesprentvideo, werksvelle, plakkate en 3 aktiwiteite in. Is onmiddelik na aankope beskikbaar om af te laai. Verwys ook na ons WriteAbility Blog vir meer inligting.