Hierdie hulpmiddel/aktiwiteitsboekie is ontwikkel deur 'n arbeidsterapeut en fokus daarop om die tema van VRUGTE met belangrike ontwikkelingsvaardighede, (visuele diskriminasie, figuurgrondpersepsie, visuele geheue, oog-handkoördinasie en fyn motoriese aktiwiteite vir potloodbeheer en knipvaardighede), te ontgin .
Hierdie aktiwiteitsboek sluit die volgende in:
- 5 Tema Muurkaarte
- 18 Tema Flitskaarte
- 4 Konkrete tema speletjies met instruksies.
- 4 Fynmotoriese aktiwiteite / werkkaarte
- 11 Visuele Persepsuele werksvelle
- 1 Oogbewegings
Kan in A4 en A5 formaat gedruk word vir maklike gebruik met kinders van verskillende ouderdomme en fynmotoriese-vaardigheidsvlakke. Geskik vir ouderdom 3 tot 7 jaar.
45 bladsye in PDF formaat.
Daar is ook 'n aanlyn, DIGITALE aktiwiteit (VRUGTE) beskikbaar, om visuele geheue en visuele persepsie te ontwikkel. Aktiwiteit word aanlyn gespeel. Geen drukwerk word benodig nie. Kliek hier. ONLINE GAME
info@writeability.co.za vir meer inligting