Die produk is ontwikkel om die omruiling van syfers by grondslagfaseleerders te voorkom. Die program fokus op die aanleer van die korrekte vorming van elke getal deur middel van‘n strokiesprentvideo. Die produk sluit ‘n syferverhaal vir nommers 1 tot 10 in, asook ‘n werksmetode vir die voorkoming van getalomruilings van 2, 3,4, 5, 7, 9 en 10. Die aanbieding is prakties, kindervriendelik en hope pret. Geskik vir Graad R tot Gr. 2 leerders. Werksvelle vir vaslegging kan as n aparte produk gekoop word. Dit is onmiddelik na aankope beskikbaar om af te laai. Verwys ook na ons WriteAbility Blog vir meer inligting rakende riglyne vir die hantering van syferomkerings in die klaskamer.