Die program is ontwikkel om die omruiling van syfers by grondslagfaseleerders te voorkom. Die werksvelle fokus op die aanleer van die korrekte vorming van elke getal asook n visuele hulpmiddel vir gebruik in die klaskamer. Mag in klasverband gekopieer of as tuisoefeninge gebruik word.
'n Syferverhaal vir getalle 1 tot 10, asook ‘n werksmetode vir die voorkoming van getalomruilings van getalle 2, 3,4, 5, 7, 9 en 10 is as ‘n aparte produk beskikbaar of kan as n gekombineerde produk gekoop word. Die aanbieding is prakties, kindervriendelik en hope pret.
Geskik vir Graad R tot Gr. 2 leerders. Verwys ook na ons blog vir praktiese riglyne vir die voorkoming van syferomkerings. Alle produkte Is dadelik na aankope beskikbaar om af te laai.